Paradyseiland

Paradyseiland

Elsa Drotsky

$4.50

  • Description
  • Author
  • Info
  • Reviews

Description

Anabel Verhage is die enigste dogter van welgestelde ouers en het pas klaar studeer. Sy gaan kuier by haar tante Jinni op die Seychelle terwyl sy werk soek op die internet, min wetende dat sy meer as net werk op die eiland gaan ontdek. Dokter Jerome D`Espeville is geskei en het ʼn vyfjarige dogtertjie. Hy woon saam met sy geliefde stiefma, Jinni, in ʼn groot plantasiehuis op die eiland. Hy is nie haastig om weer te trou nie, al het sy teatersuster haar oog op hom. Anabel se teenwoordigheid in die huis kom krap Jerome se kop heeltemal deurmekaar. Saam met haar ontdek hy weer die ligter sy van die lewe en begin hy weer in liefde hoop. Maar sal Anabel sy verlede en kind aanvaar en ’n kans op geluk waag?


Author

Elsa Drotsky:
Elsa Drotsky is ʼn weduwee ma en ouma en woon in Pretoria. Sy hou van klassieke musiek, ander tydlose wysies en geniet vriende en familie se geselskap. Sy plaas haar stories teen agtergronde wat haar verbeelding aangryp. In sommige gevalle moet grense deur denkbeeldige stadsvaders verskuif word vir haar fiksie om te gebeur. Haar stories sal geskryf word solank lesers daarvan wil lees.

Info

Reviews